Geheime Bloedlyn

1

Vandag van alle dae is vir my baie moeilik. Dit voel soos gister dat ek met trane in my oë na my pa se woorde geluister het. Dit was surreal. Dit het kompleet gevoel soos ‘n droom. Maar voordat ek besef het hy maak nie ‘n grap nie, het die lag in my opgeborrel. Waarvan praat die man tog, bloedlyne wat gemuteer het? Wat is dit? Wat beteken dit tog? Het die oukêrel tog nou finaal sy kop verloor? Maar nadat ek ‘n halfuur gesit en luister het na wat uit sy mond borrel, het ek begin besef, hy praat nie net nie! Hy glo actually wat hy so nonchalant kwyt raak, asof ek dit sommer net so moet glo! Met ‘n misnoeë sug, het hy my vertel dat hy my moet wegstuur vir my eie beskerming. Wat de hel? Hy wil net nie met my puberty deal nie! Dit is 23 November, my verjaarsdag. Veronderstel om ‘n gelukkige dag te wees, ek is veertien, uiteindelik ‘n ware tiener, en nou bars 'n bom rondom my. “Maar wat van my vriende, my skool, my aktiwiteite?” het ek gehuil. Ek het nou-net myself ontdek, wat nou? My pa het net sy kop geskud en gesê, “Jy sal eendag verstaan waarom ek en jou ma jou nou moes wegstuur”. Eendag? Eendag! Watter twak! Hier sit ek nou alweer, 29 vandag, my pa se fantastiese storie lankal in ‘n file agter in my kop gebêre. Ek het letterlik jare laas daaraan gedink. Dit was nie my favourite dag nie, so ek het geleer om dit te vermy. Daai dag was vir my hartseer, want dit is die laaste dag wat ek my ouers gesien het. Met ‘n gebitch, van my kant af, het hulle my in ‘n dogters skool gesit, in die hope dat hŭlle my kan leer hoe om soos ‘n dame op te tree. Etlike weke daarna, het ek ‘n boodskap, via die skoolhoof, ‘n dierbare vrou wat oor die jare vir my soos ‘n tweede ma geword het, gekry dat my ouers in ‘n motorongeluk omgekom het, terwyl hulle by die kus was vir . . . . ek kan nie rêrig onthou dat enige iemand ooit vir my gesê het wat hulle daar gemaak het nie. En toe kry ek vanoggend vroeg ‘n brief wat misteruees onder my deur ingeskuif is, met net my naam daarop. Ek sal later daaroor dink, maar vir eers . . . Ek wonder of daar genoeg chips en wyn is vir vannaand se ‘doe’ is. Ek het gesê ek wil nie ‘n party het nie, maar soos ek Lenè ken, gaan die hele wêreld seker weer hier opdaag. Sy het een of ander verrassing, of so sê sy. ‘Sug’, mens weet nooit met haar nie. Met ‘n glimlag onthou ek hoe sy laasjaar met ‘n baba katjie opgedaag het. “Ek het haar in die petshop gesien, en dadelik aan jou gedink”, met haar oogwinpers wat fladder en haar onderlip uitgestoot, het sy kompleet soos ‘n nar gelyk. Al mag ek nie diere in my woonstel aanhou nie, kon ek nie nee sê vir so nar gesig nie, en nog minder vir die bond, swart, wit en geel katjie nie. Sy het sommer gou in my hart ingekruip. Ek doop haar toe sommer dadelik Kitz. Ja, ek weet, nie baie oorspronklik nie, maar Lenè het so aangehou dat ek haar ‘n naam moet gee, dat ek die eerste ding wat in my kop ingepop het gesê, en toe stick die naam. Kitz skuur teen my been toe ek gou die yskas oopmaak om seker te maak daar is genoeg fingersnacks en wyn. Ek sal dit nooit hardop erken nie, maar ek sien nogal uit na vannaand. Wanneer laas het ek lekker gekuier? Lenè se skaterlag is aansteeklik. Sy het der ware haarself oortref met vannaand se party. Ek moes geweet het sy sal weet net wat om te doen om my beter te laat voel. En soos gewoonlik kan mens haar nuwe aanhangsel deur die oog van ‘n naald trek. Ek sweer sy behoort aan ‘n klub vir sexy, suksesvolle, single mans. Daar is hy alweer. Met sy donker oë wat elke nou en dan vir my loer. Dit moet een van Lenè se vriende wees, of dalk een van die sexy, suksesvolle, single mans in haar secret klub, giggle ek vir myself. Hy laat die hare op my hele lyf regop staan. Ek kyk net vir hom, dan flits daar erotiese prentjies deur my kop, wat my wange natuurlik bloedrooi laat. Wat gaan aan met my? Ek voel soos ‘n tiener. Dis nie asof ek nog nooit ‘n ou gehad het nie. In teen deel, ek het al ‘n paar verhoudings deur die jare gehad, ek het net nooit gevoel dat ek myself aan enige van hulle kan gee nie. Ek klou nog aan die sprokie wat my ma my vertel het toe ek sewe was. Ek weet ek sal nooit ‘n ruiter op ‘n wit perd kry nie, maar ek kan sekerlik myself spaar vir die regte ou. Of hoe? Hy beweeg tussen die mense deur, terwyl hy ietsie vir hierdie en dan daardie een sê. Die wyn in my hand gaan nou-nou begin borrel. Is dit warm hier binne, of wat? Ek voel soos ‘n gisel wat in die vlaktes deur ‘n leeu bekruip word. Met elke tree loer hy onder sy lang wavey swart hare wat tot net onder sy skouers val, vir my. My tong vee vinnig oor my lippe. Dit voel of sy oê my verorber. Sy lippe is so sensueel en ek begin wonder hoe hulle op my vel sal voel. “Nika! Daar is jy! Kom gou hier, ek wil jou aan iemand voorstel.” Met dit gesê, draai Lené na hom en hou haar hand na hom toe uit. My mond word droog en my hart spring ontstuimig rond. Hy stap stadig nader terwyl hy na my staar en my met sy oê uitdaag om nader te kom. Ek voel soos ‘n miggie in ‘n spinnekop se web, ek wil hardloop, maar ek kan nie wegkyk nie. My bene voel soos jellie, maar ek dwing hulle om te beweeg. Ek hoop nie hy kan die paniek op my gesig sien nie. “Nikita Pontius, dit is Matthew Bordeur, ‘n ou familie vriend. Ek weet sommer julle sal goeie vriende raak. Julle het so baie in gemeen.” Rammel Lenè af. Sy oê gly smeulend oor my liggaam, en ek voel hoe my wange warm word. Hy steek stadig sy hand na my toe uit, “So dis nou die pragtige Nikita Pontius waarvan Lenè nooit kan ophou praat nie”, sê hy in ‘n diep sexy stem. Sy duim streel oor my hand. “Um, noem my sommer Nika”, fluister ek skaam, terwyl ek my hand probeer terugkry. “Enjoy”, fluister Lenè saggies in my oor voordat sy vinnig wegdraai en ‘n geselsie met haar nuutste aanknoop. “Kan ek net sê, ek het nie verwag in my wildste drome dat jy beeldskoner kon wees as wat Lenè jou beskryf het nie”. Huh, wat het hy gesê? Ek het vir ‘n oomblik verlore geraak in daardie donker smeulende oë. O nee, nee, dit kannie! Ek het nog nooit so gevoel nie. Ek voel, . . . wild! My sintuie gaan wild tekeere, sy lyf so naby myne maak iets in my wakker. Ek kan hom ruik, manlik en musk. Ek wil net my vingers deur sy hare stoot en hom honger soen. Sy harde lyf teen myne voel en . . ., en wat, Nika? Word wakker, jy ken nie eers die man nie. Um, wat het hy nou weer gesê? Al wat ek kon doen is skaam glimlag en wegkyk. “Kom stap saam met my, dan kry ek vir ons ‘n drankie en leer mekaar beter ken”. Ek kon maar net gedwee agter hom aanloop. Ek het nie veel van ‘n keuse gehad nie, my hand was nog in syne. “O Nika! Die aand was ‘n groot sukses”, roep Lenè uit. “Ek sal more oggend kom help opruim, maar nou het ek eers ‘n afspraak met my kussing, ‘n glasie rooiwyn en my uber sexy ou”, sê sy stout en knik vir my oog. Almal het gegroet en my bedank vir die aand, met beste wense vir die toekoms. Toe ek die deur agter my toemaak en begin rondkyk na al die leë borde en bottles, val my oog op ‘n leer baatjie wat op my rusbank lê. Kitz is uitgestrek langs die vreemde baatjie. Wie s’n kan dit wees? Ag, never mind. Hulle sal dit wel kom haal as hulle dit vermis. Ek skop my skoene uit en loop na die kombuis om my glas te gaan bêre. Toe ek kop onderstebo om die draai loop, loop ek my vas teen Matthew. “Oe!” roep ek uit. “Askies, ek het nie geweet iemand is nog hier nie.” “Ek wou alleen vir jou totsiens sê”, murmer hy naby my oor. Alarm klokkies lui in my kop. Ek ken hom skaars, wat as hy iets doen. My hande voel klam. Ek vee stadig die stukkie hare uit my oë. Hy vat my hand weg en bly hou daaraan vas. Stadig loop hy verby my en trek my na die deur. Met die verbyloop streel hy oor Kitz se rug en raap die baatjie op. Hy hou stil voor die deur, draai om en buk stadig af. My hart gaan staan stil, of so voel dit. Ek maak my oë toe en vryf onwillekeurend my tong oor my lippe. “Dankie vir ‘n uitsonderlike aand. Ek hoop om jou weer te sien. Ek dink ons kan baie vir mekaar beteken”. Ek voel ‘n sagte soen op my wang en dan beweeg hy af na my lippe. Toe is hy weg. Ek staar na die toe deur en wonder of hy rerig daar was, maar die tingle op my lippe bevestig dit.
Share
Bookmark the permalink.

Leave a Reply